Tuisblad arrow Spogberigte

Onderwyser Login

Hierdie is slegs vir onderwysers.
GEEN ander registrasies sal
goedgekeur word nie!!!!

Skoolkalendar

« < September 2010 > »
S M D W D V S
29 30 31 1 2 3 4
5 6 7 8 9 10 11
12 13 14 15 16 17 18
19 20 21 22 23 24 25
26 27 28 29 30 1 2

Volgende Gebeure

Tue, Sep 14thEstelle verjaar
Tue, Sep 14thMarike Nel verjaar

Wierdas Menu

Webstatistiek

41,878Visitors:
22Visitors today:
29Visitors yesterday:
57.50Visitors per day: Ø
max.
21Max. online:
2009-05-27, 06:40:52at (date):
410Max. visitors per day:
2009-11-16at (date):
Spogberigte
Theo van Niekerk PDF Druk E-pos
Geagte Mnr. Johan Maree,
 
As oud hoërskool onderwysers in die Vaaldriehoek wil ons u en die personeel graag bedank vir die hartlike ontvangs en die pragtige aanbieding vanoggend.
 
Dankie vir die pragtige voorportaal, die koffie sonder 'eisch' en droë wors, 'n vriendelike gasvrou, die heerlike koffie en beskuit en die oorlewings pakkie.
 
Dankie vir ure se beplanning en voorbereiding buite sillabus vereistes.
 
As SBO-streeksorganiseerder van NWU kom ek by verskeie skole - baie geluk met pragtig gedissiplineerde leerders, vriendelike leiers, bekwame personeel, en 'n mooi versorgde terrein.
 
Wat 'n voorreg dat 'n woelige kleinseun daarin kan deel
 
Theo en Roelien van Niekerk.
 
Manuel en Rene Pereira PDF Druk E-pos

Mnr. Maree

Dankie vir die tyd wat u aan ons afgestaan het om Natasha en Vanessa Pereira terug te ontvang in Laerskool Wierdapark.

Ons het vir jare lank in Wierdapark gewoon en ons kinders was albei vanaf graad R reeds in Laerskool Wierdapark. Gedurende die verloop van 2008 het ons verhuis na xxxxxxxxxxxxx waar ons tans woonagtig is. Ons het die kinders probeer akkommodeer en hulle nie geskuif na ‘n ander skool nie om die ontwrigting so min as moontlik te maak. Ongelukkig moes ons hulle in Junie/Julie 2008 na ‘n nabye skool in xxxxxxxxxxxxx inskryf, wat baie hartseer was vir ons almal.

Die aanpassing was groot en die kinders het hulle bes probeer om gelukkig te wees onder die omstandighede. Die skool waar hulle was is redelik aanvaarbaar maar die standaard van die onderwysers en opvoeding is nie naastenby wat ons kinders gewoond was by Laerskool Wierdapark nie. Natasha, die oudste, het gereeld genoem dat Wierdapark se onderwysers hulle altyd met baie liefde behandel het en dat alle kritiek en tugtiging opbouend was. Ongelukkig was dit net die teenoorgestelde by die vorige skool.  Die glimlag en opgewondenheid van ons kinders was nie meer sigbaar nie. Moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie, die hoof, onderhoof en sekere persooneellede van daardie skool was uitstekend. Ons het besluit om ons twee kinders weer terug te bring na Wierdapark en watter wonderlike sig was dit nie om weer die gelukkigheid en opgewondenheid te ervaar by Natasha en Vanessa nie. Die kantoorpersoneel het ons met uitstekende hulp en vriendelikheid benader. Die skuif na Laerskool Wierdapark gaan ‘n aanpassing wees en behels dat ons ongeveer 1 uur vervoertyd moet toelaat en ook baie vroeër sal moet opstaan, maar hierdie opoffering is die moeite werd vir die kwaliteit van opvoeding wat hulle gaan kry.

Ons as ouers wil u graag daarop attent maak dat u en u personeel ‘n baie hoë standaard handhaaf wat duidelik sigbaar was toe ons te doen gekry het met ‘n ander skool. U onderwysers en onderwyseresse het duidelik ‘n goeie begrip van wat belangrik is vir ‘n kind se opvoeding en selfvertroue.

Die manier hoe Laerskool Wierdapark bestuur word en selfs die uitleg, skoonheid en georganiseerde gedrag wat gedemonstreer word laat ‘n mens gerus voel dat ons kinders in goeie hande is.

Weereens dankie aan u en die personeel van Laerskool Wierdapark en ons moedig u aan om die goeie beeld wat julle alreeds het, te handhaaf.

Groete

Manuel en Rene Pereira