In hierdie blog beplan ons om u as ouer en voog van Laerskool Wierdapark op hoogte te hou van wat op die instandhoudingsfront afgehandel is, wat nog gedoen moet word en wat beplan is.
Die volgende kwotasie prosedure is ingestel en sal gevolg word.
Daar sal vir elke projek 'n kwotasie met 'n verwysings nommer gerigistreer word.
Die projek, tesame met die verwysings nommer, sal op hierdie Blog asook in die Wierie geadverteer word.
Belangstellendes kan die skool op die kantoor nommer skakel en versoek dat 'n afskrif aan hulle gefaks word.
Daar sal aan die belangstellendes die aanvraagvorm tesame met 'n voorwaarde vorm gefaks word.
Op die kwotasie moet die volgende wees:
Alle materiale met part nommers wat gebruik gaan word, indien dit nie spesifiek op die aanvraagvorm gespesifiseer is nie.
Kostes vir materiale en arbeid moet afsonderlik genoteer word.
Alle kostes MOET belasting insluit.
Beskrywing van metode wat gevolg gaan word.
Enige verwysings van vorige kontrakte/werk/projekte.
Kwotasies moet streng volgens die aanvraagvorm opgestel word. Hou asb by gestipuleerde tipe materiaal, kleur, dikte,
groottes, handelsname ens.
Geen kwotasies sal aanvaar word na die gestipuleerde afsnydatum en tyd nie.
Indien lewering nie op die gestipuleerde datum en tyd en volgens die kwotasie plaasvind nie, behou die skool die reg voor om die bestelling te kanselleer en/of betaling te weerhou.
Kwotasies mag op die volgende maniere voor of op die gestipuleerde tyd ingedien word :
In ‘n geseëlde koevert deur die verskaffer direk aan die finansiële bestuurder oorhandig
Per geregistreerde pos aan die finansiële bestuurder gestuur
Geen ander ePos adres mag gebruik word nie. Kwotasies aan ander ePos adresse gestuur sal nie oorweeg word nie
GEEN GEFAKSTE KWOTASIES WORD AANVAAR NIE.
Geen verskaffer mag enige gratis apparaat, hemde of enige ander gratis aanbieding as deel van die kwotasie insluit nie – die kwotasie mag slegs die gestipuleerde items dek.
Geen personeellid mag persoonlike voordeel uit die toekenning van ‘n kwotasies trek nie. Enige sodanige insident sal in ‘n baie ernstige lig gesien word en dissiplinêre stappe mag teen sodanige personeellid geneem word.
Waar pasgroottes voorsien word, moet dit van dieselfde materiaal wees as waarvoor die kwotasie aangevra is.
Verskaffers sal by wyse van ‘n ePos en / of faks in kennis gestel word wat die skool se besluit was. Sodanige besluit is finaal.
Geen kwotasie word aanvaar indien dit nie van ‘n getekende kopie van bogenoemde voorwaardes vergesel word nie.
Deur goeie kwaliteit werk te verseker wil ons 'n beter skool bou vir ons kinders.
Hierdie is die eerste probeerslag om enige moontlikke “teething” problem uit te stryk.
Ek sal Dinsdag oggend 6 Feb 2010 tussen 7:30 by die skool saal se hoof ingang wees om enige vrae te beantwoord.
Projekte wat gerigistreer is :
A0000027 : Opgradeering van tennis bane - Sluit 1/03/2010
Daar is alreeds met die volgende take begin en sommige is alreeds afgehandel
Verf van pilare by saal
Vervang vloerteels in die saal portaal (besig)
Verf van Atletiek bane
Tuine word reg geruk
Vervang / herstel van sprei-ligte
Herstel toilet geriewe.
Ons wil graag die skool gemeenskap uitnooi om te help om ons prioriteits lys te bepaal, deur vir ons voorstelle, idees, probleme, klagtes ens. vir ons aan te stuur. Julle kan ons kontak dmv email :
This e-mail address is being protected from spam bots, you need JavaScript enabled to view it
Groete
Danie Weideman
Beheerliggaam: Geboue en Terrein
This e-mail address is being protected from spam bots, you need JavaScript enabled to view it
Sport Algemeen
Hierdie Blog word tans opgestel en sal binnekort opgedateer wees.
Rekenaars
Futurekids
Welkom terug aan alle ouers en leerlinge! ‘n Spesiale welkom aan al ons nuwe leerlinge. Ons hoop hierdie jaar is ‘n wonderlike jaar vol nuwe uitdagings. Ons het ook ‘n wonderlike kurrikulum om aan u bekend te stel – ons Sokker 2010 kurrikulum. Hier by Futurekids / Skillspro poog ons om pret te hê, terwyl die leerders leer.
Wie is Futurekids? The Futurekids internationale kurrikulum word wệreldwyd aangebied. Ons fokus is om leerlinge rekenaargeletterd te maak. Ons dek 10 areas en leer meer as 850 verskillende rekenaarvaardighede vir u kind.
Nuwe lesse vir die Sokker 2010 Wêreldbeker ‘n Wonderlikke reeks lesse is deur Futurekids ontwikkel vir leerders vanaf graad R tot 7. Die Sokker Wệreldbeker bied aan ons leerders ‘n ‘eenmaal-‘n-leeftyd’ geleentheid om meer te leer oor ons eie land – oor die ontwikkeling van nuwe stadions en infrastrukture, toeskouersparke, toeriste-attraksies in verskeie dele van Suid Afrika, ens. – asook die lande wat verteenwoordig word deur hulle spanne by die Sokker Wệreldbeker – bv. vlae, tale wat gepraat word, verskillende leefwyses en ekonomiese aktiwiteite, gunsteling kossoorte, ens. Hierdie veelsydige verskeidenheid lesse bied aan die leerlinge die geleentheid om al hulle rekenaarvaardighede op verskillende nuwe maniere toe te pas, navorsing te doen en ter selfde tyd ook nog meer van Suid Afrika en die wệreld te leer. Terwyl meeste van die leerlinge dalk nie ’n enkele wedstryd gaan bywoon nie, kan hulle betrokke raak in ’n deel geskiedenis wat plaasvind op eie bodem. Kom ons word almal deel van die groeiende opgewondenheid in afwagting op hierdie wonderlike geleentheid, kom ons “teach to the educable moment”!
Ons hoop dat hierdie jaar ‘n wonderlike jaar gaan wees en ons sien daarna uit om u kind rekenaargeletterd te maak.
Groete,
Futurekids
Kliek hier om die "Computer Shortcut" tabelle te besigtig of te stoor.
Water is breinkos. As jy water drink, kan jy dink!
PROEWE
Die skaakproewe is afgehandel en die spanne word tans gefinaliseer. Spelers wat in die A-ligaspanne speel, is reeds in kennis gestel en hul klasse begin Maandag soos hieronder aangedui.
SKAAKKLASSE
Skaakklasse is
verskuif na Maandae en nie meer Woensdae soos in die verlede nie, aangesien
ligawedstryde (2e kwartaal) op Woensdae plaasvind.Mnre. Anton Goosen en Eben Collen sal die klasse aanbied vir alle
belangstellende leerders (van gr. 0-7).Klik hier vir ‘n inligtingstuk met die volledige besonderhede. Dit is ook beskikbaar by K1.
Klastye vanaf 8 Februarie 2010
Afrigter: Mnr. Eben Collen
Klas: G5 (Juf. Joanie gr. 1)
Beginners en onervare spelers groepklas:
Gr 1 en 2: Maandag, 13:15-14:00 Gr 3 en ander grade: Maandag, 14:00-15:00
Liga-afrigting (verpligtend)
0/9 A-ligaspan: Maandag, 15:10-16:10
Afrigter: Mnr. Anton Goosen
Klas: K1 (juf. Ingrid)
Intermediere en gevorderde groepklas:
Maandag, 13:45-14:55
Liga-afrigting (verpligtend)
0/11 A-ligaspan: Maandag, 15:00-16:00
0/13 A-ligaspan:Maandag, 16:00-17:00
TOERNOOIE: Blou Bul Ope
Datum: 13 Februarie 2010
Plek: Laerskool Wierdapark skoolsaal
Inskryfvorms is reeds beskikbaar by www.midgautengchess.co.za of by K1.
Een van ons buurskole het ons in die gees van gesonde kompetisie uitgedaag om meer spelers, veral beginners, as hulle in te skryf. Kom ons neem die uitdaging aan!
SA Junior Skaakkampioenskap
- Desember 2009
''n 'n Klompie van
ons spelers het as lid van Mid-Gauteng Skaakunie aan die SA Junior
Skaakkampioenskapdeelgeneem watgedurende Desember 2009 in Kaapstad
plaasgevind het.Mid-Gauteng het
besonder goed gevaar.Die volgende
spanne het plekke behaal:
0/10 A:goud0/10
B:brons0/12 A:brons0/14 A:brons
In die
individuele kompetisie het Wierda se spelers uitstekend gevaar en die volgende
spelers het onder die top 10 in Suid-Afrika geëindig:
Dirk du Toit-10e
(0/8)Tinus Prinsloo-3e (0/10)
Henru du Toit-5e
(0/12)Roland Bezuidenhout-7e
(0/14)
Natuurwetenskap
Gr. 7-uitstappie na die Pretoria Nasionale Botaniese
Tuin
Die studie van plante vorm deel van die graad
7's se NW-leerplan.Ter ondersteuning
hiervan besoek hulle op Dinsdag en Woensdag, 23 en 24 Februarie 2010, die Pretoria
Nasionale Botaniese Tuin waar ‘n program oor plante aangebied sal word. Die helfte van die leerlinge sal op 23 Februarie
en die ander helfte op 24 Februarie gaan.
Datums:Dinsdag, 23 Februarie 2010:gr.
7K1, K3 en K4 se uitstappiedag
Woensdag,
24 Februarie 2010:gr. 7K5, T7 en
T8 se uitstappiedag
Drag:Gr. 7-dragSeuns:
swart hemp, groen kortbroek en tekkies
Meisies:
swart hemp, denim driekwartbroek (nie kortbroek) en tekkies
Gemaklike tekkies om mee te stap, is
belangrik.
Koste: R50 (Betaalbaar teen Woensdag, 17
Februarie, deur geldekoeverte by die klasonderwysers.)
Tyd:Meld om 07:00 aan op die
netbalveld aan die binnekant van die kleinhekkie.
Ons sal om ongeveer 13:30
terug wees by die skool.Vervoer:Bus
Bring saam:Pen,
hoed, sonskerm, iets te ete en drinke.Daar
is nie ‘n kafee wat versnaperinge/etes verkoop nie.Geen ipods en selfone nie, asseblief.
Die twee uitstappiedae is gewone skooldae en
niemand mag op enige van die dae tuis bly of ander afsprake gedurende skooltyd
maak nie.
Leerlinge wat op die betrokke dag nie op die uitstappie gaan nie, moet tasse skool
toe bring soos vir ‘n gewone skooldag. Die
periodes sal verdeel word tussen ten minste drie vakke en klasse sal aangaan.
Ons glo dat ons kinders dié natuurondervinding
sal geniet en leersaam sal vind.Voltooi
asseblief die onderstaande afskeurstrokie en stuur dit so gou as moontlik
terug na u kind se voogonderwyser.
Vriendelike groete.
(Mev.) I.Esterhuizen - NW-vakonderwyser
AFSKEURSTROKIE: UITSTAPPIE NA BOTANIESE TUIN
Vir aandag:
Mev. I. Esterhuizen
My kind mag die uitstappie meemaak.
Ingesluit is die bedrag van R50.
R50 sal teen 17 Februarie 2010 betaal wees.
My kind kan nie die uitstappie meemaak
nie.Verskaf asb. ‘n rede:
Kind se naam en van: _____________________________________
Klas: gr. 7 ____
Handtekening van ouer/voog: _____________________
Tel: ____________________Datum:/02/2010
Wetenskapexpo 2010
Is jy nuuskierig en avontuurlustig? Hou jy daarvan om ondersoek in te stel, dinge te doen wat jy nooit gedink het moontlik is nie en nuwe mense te ontmoet? Dan is jy die perfekte expo-kandidaat!
Neem in 2010 deel aan die Eskom wetenskapexpo en word deel van 'n groep wetenskapentrepreneurs!
Die eerste rondte uitdunne vind by die skool plaas. As jou projek gekies word, neem jy verder deel aan die Gauteng-Noord ekspo. Jy kan selfs vorder tot by SA's.
Elisca Marais het in 2009 'n goue medalje by SA's verwerf met haar projek oor diabetes-onderwyshulpmiddels.
Datums
28 Julie 2010: Wierdas wetenskapexpo in die skoolsaal
3 & 4 September 2010: Gauteng-Noord wetenskapekspo by L.C. de Villiers (TUKS)
Septembervakansie 2010: SA wetenskapekspo by L.C. de Villiers
Waar begin ek? Wat doen ek?
'n Inligtingsaand vir ekspoleerders word elke jaar deur die skool gereel. Verder kan jy met juf. Ingrid (K1) of juf. Alma (N1) kom gesels.Hulle sal vir jou verduidelik wat om te doen. Jy kan ook met vorige jare se deelnemers praat om te hoor wat hulle gedoen het en hoe hulle te werk gegaan het. Die belangrikste is OM SOLANK 'N ONDERWERP TE KRY EN TE BEGIN SNUFFEL EN VRAE TE VRA!
Onthou: 'n ekspotaak word nie binne 'n week aanmekaargetimmer nie. Dit verg baie werk en probeerslae. Begin dus nou!