Futurekids
Welkom terug aan alle ouers en leerlinge! ‘n Spesiale welkom aan al ons nuwe leerlinge. Ons hoop hierdie jaar is ‘n wonderlike jaar vol nuwe uitdagings. Ons het ook ‘n wonderlike kurrikulum om aan u bekend te stel – ons Sokker 2010 kurrikulum. Hier by Futurekids / Skillspro poog ons om pret te hê, terwyl die leerders leer.
Wie is Futurekids? The Futurekids internationale kurrikulum word wệreldwyd aangebied. Ons fokus is om leerlinge rekenaargeletterd te maak. Ons dek 10 areas en leer meer as 850 verskillende rekenaarvaardighede vir u kind.
Nuwe lesse vir die Sokker 2010 Wêreldbeker ‘n Wonderlikke reeks lesse is deur Futurekids ontwikkel vir leerders vanaf graad R tot 7. Die Sokker Wệreldbeker bied aan ons leerders ‘n ‘eenmaal-‘n-leeftyd’ geleentheid om meer te leer oor ons eie land – oor die ontwikkeling van nuwe stadions en infrastrukture, toeskouersparke, toeriste-attraksies in verskeie dele van Suid Afrika, ens. – asook die lande wat verteenwoordig word deur hulle spanne by die Sokker Wệreldbeker – bv. vlae, tale wat gepraat word, verskillende leefwyses en ekonomiese aktiwiteite, gunsteling kossoorte, ens. Hierdie veelsydige verskeidenheid lesse bied aan die leerlinge die geleentheid om al hulle rekenaarvaardighede op verskillende nuwe maniere toe te pas, navorsing te doen en ter selfde tyd ook nog meer van Suid Afrika en die wệreld te leer. Terwyl meeste van die leerlinge dalk nie ’n enkele wedstryd gaan bywoon nie, kan hulle betrokke raak in ’n deel geskiedenis wat plaasvind op eie bodem. Kom ons word almal deel van die groeiende opgewondenheid in afwagting op hierdie wonderlike geleentheid, kom ons “teach to the educable moment”!
Ons hoop dat hierdie jaar ‘n wonderlike jaar gaan wees en ons sien daarna uit om u kind rekenaargeletterd te maak.
Groete,
Futurekids
Kliek hier om die "Computer Shortcut" tabelle te besigtig of te stoor.
Geagte Ouers en Voogde,
Ons is van mening dat leerders baie baat kan vind by die stigting van 'n rekenaarakademie in Laerskool Wierdapark. Ons oogmerk is om die leerders te bemagtig met vaardighede oor 'n veel wyer spektrum as wat moontlik is in die enkele periode per siklus van ses dae. Ons ondersoek tans opleidingspakkette wat aangebied kan word.
"FAQ's"
V: Gaan opleiding net op leerders gemik word? A: Aanvanklik ja, alhoewel die gedagte om verdere uitbreiding wel in plek is waar opleiding op verskillende vlakke asook programme aan volwassenes gebied kan word.
V: Is hierdie akademie uitsluitlik vir Laerskool Wierdapark leerders? A: Laerskool Wierdapark leerders sal voorkeur geniet by toelating, maar indien daar openinge bestaan sal dit gevul word met ander skole se leerders aangesien daar lopende kostes betrokke gaan wees bv. aanskaffing van programme en skryfbehoeftes, betaling van opleidingbeamptes ens.
V: Gaan daar enigsins sertifikate of verslae uitgereik word na voltooiing van sekere kursusse? A: Ja daar gaan vorderingsverslae en sertifikate uitgereik word.
V: Watter “operating systems” en programme soos bv. die van Microsoft gaan daar in opleiding gebruik word. A: Net die nuutste gaan goed genoeg wees. Windows 7, Microsoft Office 2007 (Word, Exel, Powerpoint, Access) ens.
V: Is dit ‘n vereiste dat leerders tuis toegang tot rekenaars moet hê? A: Nee, alhoewel dit tot voordeel van die leerder sal wees om sekere vaardighede in te oefen.
V: Gaan daar tuis opdragte gegee word? A: Soms, maar die gedagte is dat in die 11/2uur sessies daar redelik tyd bestaan om klaar te maak met die beoogde opleiding.
V: Gaan daar geleentheid wees vir leerders wat nie toegang tot rekenaars tuis het nie om hul opdragte na skool te voltooi. A: Daar gaan per rooster sekere Vrydae na skool opsygesit word om hierdie werk te doen.
V: Hoe gaan die meerbegaafde leerders geakkommodeer word? A: Ons gaan vaardighede soos “webdesigning” op ‘n meer gevorderde vlak as net die verandering en instandhoudingsvlak hanteer. Ander programme gaan ook op ‘n meer gevorderde vlak hanteer word.
V: Gaan daar ‘n fisiese webtuiste gebou word? A: Ja ons beoog ‘n webtuiste per jaar.
V: Wat maak die akademie anders as die normale rekenaarklasse gedurende ‘n skoolroostersiklus? A: Rekenaarklasse volg ‘n kurrikulum wat as “entry level” voldoende is in die enkele periode per siklus van ses dae. In die akademie maak ons voorsiening vir 3 ure per week wat dit moontlik maak om op ‘n baie meer gespesialiseerde vlak met die leerders te kan werk.