Onderwysbenadering
- Terugrapportering aan ouers:
Ouers word deurgaans op hoogte gehou van leerders se vordering deur ondermeer die volgende:
- Oueraande
- Verslae
- Insae in en ondertekening van leerders se skrifte en toetse
- 'n Portefeulje van eie werk
- Kommunikasie deur middel van huiswerkboekie
- Akademiese hulpverlening:
Hulp word weekliks verleen aan leerders wat probleme met sekere werk het. Remediërende klasse word ook aangebied vir leerders wat verdere hulp nodig het. Leerders wat ernstige leesprobleme ondervind, ontvang addisionele remediëring met behulp van 'n rekenaar-leesprogram. Daar word 2 studiemetodekursusse en 2 lees- en spelkursusse per jaar aangebied. Groot sukses word behaal met heronderrig en remediëring.
UGO
Die hoof en personeel van die skool beskou die implementering van uitkomsgebaseerde onderwys as 'n uitdaging. Basiese vaardighede bly steeds vir ons 'n prioriteit by Laerskool Wierdapark. Omdat ons 'n Christelike skool is, is Bybelonderig onlosmaaklik deel van ons leerplan. Die doel van uitkomsgebaseerde onderwys is om ons kinders voor te berei vir die vinnig veranderende wêreld. Hulle word geleer om selfstandig en kreatief te werk. Hulle word ook voorberei om deel te word van 'n produktiewe werkerskorps. Almal by Laerskool Wierdapark beskou die nuwe benadering in 'n positiewe lig en sien dit as 'n groot uitdaging om die stelsel te laat slaag.
Assessering
Al die graadgroepe, soos voorgeskryf deur die GDO, is ingeskakel by die uitkomsgebaseerde onderwys-programme en word geassesseer soos voorgeskryf. Hier word aandag gegee aan vaardighede soos probleem-oplossing, effektiewe kommunikasie, samewerking met ander, gebruik en toepassing van wetenskap en tegnologie. Deurlopende assessering vind in al die leerareas plaas. Daar word ook aan die einde van elke 2 programorganiseerders formele toetse geskryf wat een van die assesseringsinstrumente is. Daar word dan 'n verslag gestuur aan die ouers.
Oueraande volg op elke verslag.
|