Tuisblad arrow Alles oor ons arrow Sport arrow Skaak

Onderwyser Login

Hierdie is slegs vir onderwysers.
GEEN ander registrasies sal
goedgekeur word nie!!!!

Skoolkalendar

« < September 2010 > »
S M D W D V S
29 30 31 1 2 3 4
5 6 7 8 9 10 11
12 13 14 15 16 17 18
19 20 21 22 23 24 25
26 27 28 29 30 1 2

Volgende Gebeure

Tue, Sep 14thEstelle verjaar
Tue, Sep 14thMarike Nel verjaar

Wierdas Menu

Webstatistiek

41,949Visitors:
26Visitors today:
30Visitors yesterday:
57.43Visitors per day: Ø
max.
21Max. online:
2009-05-27, 06:40:52at (date):
410Max. visitors per day:
2009-11-16at (date):
Skaak PDF Druk E-pos

Skaak by Laerskool WierdaparkSkaak Groepfoto.jpg

By Laerskool Wierdapak is ons ernstig oor skaak en geniet ons dit!

Liga
Ons 0/9, 0/11 en 0/13-spanne neem deel aan die D4-skoleliga in die tweede kwartaal.  Vanaf 2009 neem van ons spanne ook deel aan die ontwikkelingsliga in die derde kwartaal.
 
Super 12
Ons skryf jaarliks ‘n juniorspan (gr.1-4) en seniorspan (gr.5-7) vir die Super 12-reeks in. Twee en twintig skole ding mee om die gesogte titel van Super 12-skaakkampioen.

Prestasies
Super 12:
Juniors:    wenners 2007, 2008 en 2009
Seniors:   naaswenners 2008 en wenners 2009
Super 12: naaswenners 2008 en ALGEHELE WENNERS 2009!

Liga:
0/9 A:  wenners 2007, 2008 en 2009
0/9 B:  wenners 2009
0/9 C:  wenners 2009
0/11:    wenners 2008 en 2009
0/13 A: wenners 2007 en 2009
0/13 B: wenners 2009

Gauteng
0/9A:    naaswenners 2008
0/11:    wenners 2008

SA's
0/11:    wenners 2008

Skaak as vak
Die gr. 2's (vanaf 2008) en 3's (vanaf 2009) ontvang gedurende skooltyd skaakafrigting. In 2008 het al die gr. 2's aan ‘n interne skaaktoernooi deelgeneem om hul vaardighede op die proef te stel en daar het ware kampioene na vore getree!

Skaakafrigting
Privaatafrigting in groepsverband deur mnr. Anton Goosen (082 485 8385) vind op Woensdagmiddae by die skool in K1 plaas. Klik hier vir meer inligting.
Individuele skaaklesse word ook by die skool aangebied deur mnr. Anton Goosen (082 485 8385) en mnr. Eben Collins (072 757 0408). U kan persoonlik met die afrigters hieroor in verbinding tree.

Provinsiale spanne
Verskeie van ons leerlinge is lid van die Mid-Gauteng Skaakunie (http://mg.chess.org.za). Hulle neem gedurende die jaar aan verskeie skaaktoernooie deel. Hulle kry ook die geleentheid om provinsiale proewe te speel. In Desember 2008 het verskeie van ons leerlinge as lede van Mid-Gautengspanne aan die SA-kampioenskap in Potchefstroom deelgeneem.

Die volgende Wierdas was lede van spanne wat die spankompetisie by die SA's gewen het:
0/10 Kampioenskapafdeling: Henru du Toit
0/12 Kampioenskapafdeling: Roland Bezuidenhout, Henko Oosthuizen en Chris Marais
0/14 Kandidaatafdeling: Hendrik Grobbelaar

Die volgende leerlinge het ‘n plek in die top 10 van hulle ouderdomsgroepe behaal in die 2008 individuele SA-kampioenskap:
0/10: Henru du Toit (4e)
0/12: Roland Bezuidenhout (1e), Henko Oosthuizen (4e), Elisca Marais (8e)

SA Geslote Kampioenskap.
Die volgende leerlinge het in April 2009 aan die SA Geslote Kampioenskap in Rustenburg deelgeneem:
Roland Bezuidenhout (2e plek - 0/12). Roland het reeds sy SA-kleure verwerf.
Henru du Toit (6e plek - 0/10) Henru het hierdeur sy CHESSA-kleure verwerf.
Henko Oosthuizen (10e plek - 0/12)

Internasionale deelname
Van ons leerlinge neem ook aan internasionale toernooie deel. Kliek hier vir meer inligting op ons skaakblog.

Navrae: Alle skaaknavrae kan gerig word aan mev. Ingrid Esterhuizen (K1).