Die koor bestaan vanjaar uit 60 lede, uit graad 4 tot 7. Hulle is ‘n ywerige, dinamiese groep wat elke Maandag en Woensdag oefen. Ons het vanjaar al 3 oefen naweke gehad, wat die kinders baie geniet het.
Ons beplan vanjaar n toer na Kaapstad van 31 Julie tot 2 Augustus. Ons hou van tyd tot tyd fondsinsamelings om die toergelde so laag as moontlik te hou. Op 29 Februarie het ons ‘n heerlike "Bubble Bash" gehou, wat deur sowat 400 kinders ondersteun is. Ons beplan ook ‘n koek verkoping op 6 Junie.
Kompetisies: Soos in 2006 en 2007, behaal die koor ‘n Cum Luade toekenning by Super 12 !! Ons het ook sopas aan die ATKV se streeksfees deelgeneem en vanjaar aan die Meer Ervare Afdeling deelgeneem. Hoewel dit vir ons ‘n groot sprong was, het dit goed gegaan en het ons ‘n Goue toekenning ontvang.
Ons sing op 30 Mei tydens die Jakarande Kinderkoor se Herfskoorfees in die Ouditorium van die Groenkloof kampus. Ons sien baie uit daarna om na al die kore te luister.!!
Verder beoog ons om aan die Centurion Kunstefees deel te neem later vanjaar. Op 5 November neem ons ook deel aan die Jakaranda Kinderkoor se "Christmastree" in die Staatsteater. ‘n Geleentheid waarna ons BAIE uitsien!!
Ons was vanjaar bevoorreg om agtergrond opnames vir ‘n bekende Gospelkunstenaar te maak. Dit was ‘n geleentheid wat ons graag weer sal wil herhaal!!
Op 15 Oktober tree die koor (asook die hele skool) saam met Nadine op tydens ‘n Kerskonsert op in die Kerksondermure. Moet dit beslis nie misloop nie!!!
Intussen kan voornemende koorlede nader staan. Ons is nou weer op ‘n punt dat ons nuwe koorlede kan inneem. So as u kind wil sing, kontak die seniorkoorbestuur onmiddellik!!
|