Wierdapark Rugby is ‘n groot deel van die Groen Kampioen.
Bulletjie rugby word aangebied – en hier kry ons jong mannetjies van kleins af blootstelling aan rugby-afrigting, en kweek ons by hulle ‘n liefde vir die sport.
10 Liga spanne word jaarliks in die A-bond ingeskryf, waar ons in 2009,
6 ligawenners gehad het.
In 2008 was ons Super 12 kampioene, en in 2009 was ons naaswenners.
Toere word ook jaarliks vir ons seuns gereël – bv. Toere na George en Grey Kollege (Bloemfontein).
Bondedae, waar 8 verskillende bonde deelneem, word deur die top skole bygewoon. Wierdapark het in 2009 deelgeneem aan die 0/9, 0/11 en 0/13 Bondedae.
Ons is bevoorreg om 2 van die Top 10 Blou Bul Skeidsregters by ons skool te hê – nl. Welman Lourens en Gavin Bailey.
|