Ons skool is bevoorreg om twee toegeruste rekenaarsentrums te besit. Die leerders besoek die sentrum weekliks.
In beide rekenaarsentrums maak ons gebruik van “Computer 4 Kids” se kurrikulum om basiese rekenaar vaardighede aan die kinders oor te dra. Tegniese rekenaarterme word aan die kinders geleer en tik vaardighede word ook geoefen. Van die programme wat gebruik word is MS Word, MS Power Point en Ms Excel.
‘n Leeskursus word weekliks in die sentrum aangebied.
Daar is ook vir leerders die geleentheid om internet navorsing te doen op Maandag & Woensdagmiddae vanaf 13:30 tot 14:15. Hierdie navorsing word gedoen onder toesig van die onderskeie onderwysers wat die opdrag/te gegee het. Leerders betaal vir drukwerk.
|