Tuisblad arrow Alles oor ons arrow Skool-Info arrow Ons Naam

Onderwyser Login

Hierdie is slegs vir onderwysers.
GEEN ander registrasies sal
goedgekeur word nie!!!!

Skoolkalendar

« < September 2010 > »
S M D W D V S
29 30 31 1 2 3 4
5 6 7 8 9 10 11
12 13 14 15 16 17 18
19 20 21 22 23 24 25
26 27 28 29 30 1 2

Volgende Gebeure

Tue, Sep 14thEstelle verjaar
Tue, Sep 14thMarike Nel verjaar

Wierdas Menu

Webstatistiek

41,949Visitors:
26Visitors today:
30Visitors yesterday:
57.43Visitors per day: Ø
max.
21Max. online:
2009-05-27, 06:40:52at (date):
410Max. visitors per day:
2009-11-16at (date):
Ons naam PDF Druk E-pos
Die Laerskool Wierdapark en die voorstad, is vernoem na Sytze Wopkes Wierda wat vanaf 1887 tot 1900 as "Gouvernements Ingenieur en Architect", ‘n besondere bydrae in die ontwikkeling van "de Zuid Afrikaansche" Republiek gelewer het.

Sy bekwaamheid, deeglikheid, hardwerkendheid, doelgerigtheid, nougesette pligsvervulling en Christelike lewenswandel is deur Pres. Kruger, wat hom aangestel het as die "Hoofd van Publieke Werken" raakgesien.

Sy skeppende werk staan vandag wyd versprei in die Transvaal en dien as sigbare monumente vir hierdie uitstaande persoonlikheid, maar meer nog, dit dien ook as ankers uit die glorietydperk van die Z.A.R. Hierdie skool is trots om Sytze Wierda se naam te kan dra en stel dit as ideal om sy voorbeeld en pragtige lewenswyse te probeer uitleef.

Enkele van sy bekendste werke is: die Ou Goewersmentsgebou en die Paleis van Justisie op die Kerkplein, die Paardekraal monument wat deur Pres. Kruger self onthul is, die alombekende brûe, nl. Wierdabrug oor Sesmylspruit, die Leeubrug oor die Apiesrivier, die pragtige sandsteenbrug oor die Vaalrivier by Standerton sowel as brûe by Ventersdorp, Pietersburg, Pelgrimsrus, Carolina, ens. Hierdie lewende monumente word vandag nog gebruik.

Mag die produkte van hierdie skool net so stewig en mooi wees as die werke van Sytze Wopkes Wierda.