Vir Laerskool Wierdapark is elke speelster uniek en ‘n kampioen in sy eie reg. Wierie Netbal streef saam met Laerskool Wierdapark om ‘n gesonde gees en gebalanseerde lewe te kweek.
Liga
Daar word jaarliks 12 spanne van O/10 – O/13 ingeskryf vir ligawedstryde. Ons beskik oor ongeveer 12 mini-netbalspanne vanaf O/7 – O/9. Ons neem deel in die A-bond wat baie sterk mededingend is.Kursusse en rëelbesprekeing word op ‘n gerëelde basis deur ons afrigters bygewoon ten einde te verseker dat hulle op hoogte bly van die nuutste oefentegnieke en rëels. Speelsters kry dus kwaliteit afrigting. Die O/13 A-span onderneem ook jaarliks ‘n toer.
Netbaldae vir alle spanne asook afrigtingsklinieke word jaarliks gerëel. Speelsters kry ook die geletnheid om provinsiale kleure in die O/12 en O/13 ouderdomsgroep te verwerf. Die A-spanne neem ook aan die Distrik-Gauteng –en Noordvaalkampioenskappe deel.
Super 12
24 Skole is in twee groepe verdeel waar daar op verskeie sprotgebiede teen mekaar meegeding word. Dit is ‘n strawwe kompetisie en skole uit verskillende streke in Gauteng, Mphumalanga, Noorwes en die Noordelike provinsie neem teen mekaar deel. Slegs O/9 tot O/13 A-spanne ding mee in die netbalafdeling. Ook hier word daar wenners in elke ouderdomsgroep aangewys.
Laerskool Wierdapark beskik ook oor 4 afrigters wat reeds provinsiale spanne afgerig het en wat ook as skeidsregters optree by provinsiale toernooie.
|