Laerskool Wierdapark beskik oor ‘n volledig toegeruste mediasentrum. Deur ‘n uitgebreide reeks hulpmiddels verskaf die mediasentrum ‘n diens aan die kinders en onderwysers van die skool. Die hulpmiddels sluit ‘n rykdom van Afrikaanse en Engelse verhale, vakliteratuur, naslaanwerke, tydskrifte, video kassette, DVD’s, CD’s en plakkate in.
As opvoeders is dit ons plig om die wêreld wat lees vir kinders oopsluit te ontgin en daarom word leerders in die skool aangemoedig om te lees deur ‘n lees periode elke oggend.
Leerlinge kan by die mediasentrum aansluit deur ‘n sakkie te koop. Boeke kan dan uitgeneem word vir ‘n tydperk van 2 weke.
Graad 1 onderwysers neem bloklenings vir hul klas uit.
Graad 2 – 3 leerlinge mag 1 boek uitneem
Graad 4 – 7 leerlinge kan 2 boeke uitneem
Mediasentrum tye:
Maandag Pouse
Dinsdag Pouse & na skool tot 14:10
Woensdag Pouse & na skool tot 14:00
Donderdag Pouse & na skool tot 14:10
Om kinders by te staan met hul skool projekte en take word die volgende dienste ook gelewer:
Fotostate
Kleurfotostate
Laminering
Let wel: hierdie dienste is slegs beskikbaar vir Wierdapark leerders. Geen buite instansie of persoon mag privaat kopieë in die mediasentrum maak nie.
“Die wat nie goeie boeke lees nie het geen voordeel bo die wat nie kan lees nie”
Kliek hier om die taakbronne-dokument af te laai.
|