By ons skool is vyf (5) pragtige klasse, Ons kom by die skool en bêre ons tasse. Hier's baie maatjies om mee te speel, en ek weet jy sal jou nooit verveel
Ons teken en verf, ons knip en ons plak en bou met die blokke op juffrou se rak. Ons leer hier om te gooi en vang. Vir 'n moeilike legkaart is ons nie bang.
Dis vorms en kleure - rooi, geel, blou en groen. Hier leer ons speel-speel om alles te doen. Ons luister musiek en dans in 'n kring, ons Juffrou weet net hoe om ons te laat sing!
Ons eet gou 'n broodjie en drink bietjie sap voor ons flink na die speelgronde stap. Ons bou sandkastele, ons klim en ons klouter, hier is ruimte vir elke feëtjie en kabouter.
Nou bly daar nog net die heel beste oor - Dis tyd vir ons om storie te hoor! Vanaand moet ons vroeg gaan slaap, anders sit ons môre in die klas en gaap
|