Skoolgeld vir 2009 soos goedgekeur op die Algemene Ouer-vergadering van 20 Oktober 2008
Graad R: R7 315 per jaar per kind (R665 per maand vanaf Januarie tot November). R300 afslag sal toegestaan word as u die volle bedrag voor 28 Februarie 2009 betaal (dus R7 015) PLUS R110 per jaar rekenaarsentrumfooi PLUS R100 per jaar registrasiefooi.
Graad 1 tot 7: R5 885 per jaar per kind (R535 per maand vanaf Januarie tot November). R250 afslag sal toegestaan word as u die volle bedrag voor 28 Februarie 2009 betaal (dus R5 635) PLUS R110 per jaar rekenaarsentrumfooi.
Indien u eenmalig (ná 28 Februarie 2009) die skoolgeld betaal (bv. in u bonusmaand) moet u ‘n skriftelike onderneming aan me. Estelle Maré stuur waarin u meld wanneer u dié betaling gaan doen.
Aansoekvorms vir vrystelling van skoolgeld kan by me. Estelle Maré gekry word. Hierdie vrystelling is nie oordraagbaar nie. Onthou dat graad R en die naskool nie kwalifiseer vir vrystelling nie. Daar moet elke jaar opnuut aansoek gedoen word. Naskool: R3 520 per jaar (R320 per maand vanaf Januarie tot November, vakansieskool uitgesluit) PLUS R100 per jaar registrasiefooi.