Tuisblad arrow Blogs arrow Natuurwetenskap

Onderwyser Login

Hierdie is slegs vir onderwysers.
GEEN ander registrasies sal
goedgekeur word nie!!!!

Skoolkalendar

« < September 2010 > »
S M D W D V S
29 30 31 1 2 3 4
5 6 7 8 9 10 11
12 13 14 15 16 17 18
19 20 21 22 23 24 25
26 27 28 29 30 1 2

Volgende Gebeure

Tue, Sep 14thEstelle verjaar
Tue, Sep 14thMarike Nel verjaar

Wierdas Menu

Webstatistiek

41,878Visitors:
22Visitors today:
29Visitors yesterday:
57.50Visitors per day: Ø
max.
21Max. online:
2009-05-27, 06:40:52at (date):
410Max. visitors per day:
2009-11-16at (date):
Natuurwetenskap PDF Druk E-pos

gardens_pretoria_pic.jpgGr. 7-uitstappie na die Pretoria Nasionale Botaniese Tuin

 

Die studie van plante vorm deel van die graad 7's se NW-leerplan.  Ter ondersteuning hiervan besoek hulle op Dinsdag en Woensdag, 23 en 24 Februarie 2010, die Pretoria Nasionale Botaniese Tuin waar ‘n program oor plante aangebied sal word.  Die helfte van die leerlinge sal op 23 Februarie en die ander helfte op 24 Februarie gaan. 

 

Datums: Dinsdag, 23 Februarie 2010:  gr. 7K1, K3 en K4 se uitstappiedag

             Woensdag, 24 Februarie 2010: gr. 7K5, T7 en T8 se uitstappiedag

Drag:   Gr. 7-drag  Seuns: swart hemp, groen kortbroek en tekkies

        Meisies: swart hemp, denim driekwartbroek (nie kortbroek) en tekkies

Gemaklike tekkies om mee te stap, is belangrik.

Koste: R50 (Betaalbaar teen Woensdag, 17 Februarie, deur geldekoeverte by die klasonderwysers.)

Tyd: Meld om 07:00 aan op die netbalveld aan die binnekant van die kleinhekkie.

Ons sal om ongeveer 13:30 terug wees by die skool.Vervoer: Bus

 Bring saam:  Pen, hoed, sonskerm, iets te ete en drinke.  Daar is nie ‘n kafee wat versnaperinge/etes verkoop nie.  Geen ipods en selfone nie, asseblief.

Die twee uitstappiedae is gewone skooldae en niemand mag op enige van die dae tuis bly of ander afsprake gedurende skooltyd maak nie. 

Leerlinge wat op die betrokke dag nie op die uitstappie gaan nie, moet tasse skool toe bring soos vir ‘n gewone skooldag.  Die periodes sal verdeel word tussen ten minste drie vakke en klasse sal aangaan.

Ons glo dat ons kinders dié natuurondervinding sal geniet en leersaam sal vind.  Voltooi asseblief die onderstaande afskeurstrokie en stuur dit so gou as moontlik terug na u kind se voogonderwyser.

Vriendelike groete.

(Mev.) I.Esterhuizen - NW-vakonderwyser

AFSKEURSTROKIE: UITSTAPPIE NA BOTANIESE TUIN 

Vir aandag: Mev. I. Esterhuizen

My kind mag die uitstappie meemaak.      

Ingesluit is die bedrag van R50.

R50 sal teen 17 Februarie 2010 betaal wees.

My kind kan nie die uitstappie meemaak nie.  Verskaf asb. ‘n rede:

____________________________________________________

Kind se naam en van: _____________________________________ 

Klas: gr. 7 ____

Handtekening van ouer/voog: _____________________

Tel: ____________________                   Datum:      /02/2010

 

loufrans_en_lodewyk_monteer_miskruiers_resized.jpg

 

Wetenskapexpo 2010

Is jy nuuskierig en avontuurlustig?  Hou jy daarvan om ondersoek in te stel, dinge te doen wat jy nooit gedink het moontlik is nie en nuwe mense te ontmoet?  Dan is jy die perfekte expo-kandidaat!

 

logo.jpg


Neem in 2010 deel aan die Eskom wetenskapexpo en word deel van 'n groep wetenskapentrepreneurs!

Die eerste rondte uitdunne vind by die skool plaas.  As jou projek gekies word, neem jy verder deel aan die Gauteng-Noord ekspo.  Jy kan selfs vorder tot by SA's.

2009_ekspo_elsica_2_red.jpg

 

Elisca Marais het in 2009 'n goue medalje by SA's verwerf met haar projek oor diabetes-onderwyshulpmiddels.

 

Datumsi_img_science_fair.jpg

28 Julie 2010: Wierdas wetenskapexpo in die skoolsaal

3 & 4 September 2010: Gauteng-Noord wetenskapekspo by L.C. de Villiers (TUKS)

Septembervakansie 2010: SA wetenskapekspo by L.C. de Villiers

Waar begin ek?  Wat doen ek?

'n Inligtingsaand vir ekspoleerders word elke jaar deur die skool gereel. Verder kan jy met juf. Ingrid (K1) of juf. Alma (N1) kom gesels.Hulle sal vir jou verduidelik wat om te doen.  Jy kan ook met vorige jare se deelnemers praat om te hoor wat hulle gedoen het en hoe hulle te werk gegaan het. Die belangrikste is OM SOLANK 'N ONDERWERP TE KRY EN TE BEGIN SNUFFEL EN VRAE TE VRA!

Onthou: 'n ekspotaak word nie binne 'n week aanmekaargetimmer nie.  Dit verg baie werk en probeerslae.  Begin dus nou!

Besoek gerus vir meer inligting:

  • www.exposcience.co.za (amptelike webblad)
  • www.imstus.sum.ac.za/EXPO.html (Hierdie bevat goeie algemene riglyne, hoewel datums, plekke, ens. streeksgebonde - Stellenbosch - is.)

 

 


 

 

 
< Vorige   Volgende >