Tuisblad arrow Blogs arrow Skaak

Onderwyser Login

Hierdie is slegs vir onderwysers.
GEEN ander registrasies sal
goedgekeur word nie!!!!

Skoolkalendar

« < September 2010 > »
S M D W D V S
29 30 31 1 2 3 4
5 6 7 8 9 10 11
12 13 14 15 16 17 18
19 20 21 22 23 24 25
26 27 28 29 30 1 2

Volgende Gebeure

Tue, Sep 14thEstelle verjaar
Tue, Sep 14thMarike Nel verjaar

Wierdas Menu

Webstatistiek

41,879Visitors:
23Visitors today:
29Visitors yesterday:
57.50Visitors per day: Ø
max.
21Max. online:
2009-05-27, 06:40:52at (date):
410Max. visitors per day:
2009-11-16at (date):
Skaak PDF Druk E-pos

 Water is breinkos.  As jy water drink, kan jy dink!oasis_logo_resized.jpg
 
PROEWE

Die skaakproewe is afgehandel en die spanne word tans gefinaliseer. Spelers wat in die A-ligaspanne speel, is reeds in kennis gestel en hul klasse begin Maandag soos hieronder aangedui.

 

SKAAKKLASSE

Skaakklasse is verskuif na Maandae en nie meer Woensdae soos in die verlede nie, aangesien ligawedstryde (2e kwartaal) op Woensdae plaasvind.  Mnre. Anton Goosen en Eben Collen sal die klasse aanbied vir alle belangstellende leerders (van gr. 0-7).  Klik hier vir ‘n inligtingstuk met die volledige besonderhede. Dit is ook beskikbaar by K1.

 

Klastye vanaf 8 Februarie 2010

 

 

Afrigter: Mnr. Eben Collen   

Klas: G5 (Juf. Joanie gr. 1)

  • Beginners en onervare spelers groepklas:

 

Gr 1 en 2: Maandag, 13:15-14:00
Gr 3 en ander grade: Maandag, 14:00-15:00

 

  • Liga-afrigting (verpligtend)
0/9 A-ligaspan: Maandag, 15:10-16:10

 

Afrigter: Mnr. Anton Goosen

Klas: K1 (juf. Ingrid)

 

  • Intermediere en gevorderde groepklas:
Maandag, 13:45-14:55

 

  • Liga-afrigting (verpligtend)

0/11 A-ligaspan:  Maandag, 15:00-16:00

0/13 A-ligaspan:Maandag, 16:00-17:00

   
 

                                TOERNOOIE: Blou Bul Ope

Datum: 13 Februarie 2010

Plek: Laerskool Wierdapark skoolsaal

Inskryfvorms is reeds beskikbaar by www.midgautengchess.co.za of by K1

Een van ons buurskole het ons in die gees van gesonde kompetisie uitgedaag om meer spelers, veral beginners, as hulle in te skryf.  Kom ons neem die uitdaging aan!

 

 

  SA Junior Skaakkampioenskap - Desember 2009

  ''n 'n Klompie van ons spelers het as lid van Mid-Gauteng Skaakunie aan die SA Junior Skaakkampioenskap  deelgeneem wat  gedurende Desember 2009 in Kaapstad plaasgevind het.  Mid-Gauteng het besonder goed gevaar.  Die volgende spanne het plekke behaal:

 
0/10 A: goud    0/10 B:brons   0/12 A:brons   0/14 A: brons

In die individuele kompetisie het Wierda se spelers uitstekend gevaar en die volgende spelers het onder die top 10 in Suid-Afrika geëindig:

Dirk du Toit     -           10e (0/8)         Tinus Prinsloo              -           3e (0/10)

Henru du Toit  -           5e (0/12)         Roland Bezuidenhout  -           7e (0/14)

 

  sajca_indiv_top_10_2009_resized.jpg

 
< Vorige   Volgende >